fbpx
23 C
Cape Town
Thursday, October 24, 2024

Besonderse boek. Merkwaardige man.

Published on

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raaksien en tyd bestee aan dinge wat regtig saak maak. Maar die realiteit is dat jy die meeste van die tyd rondjaag, altyd moeg en erg gestres is. Wat maak mens? Deur die tegniek van bedagtheid (mindfulness) en meditasie is dit moontlik om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. Leer aan die hand van die stories van gewone mense hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan sien. Deur bedagtheid te beoefen sal jy beter met mense oor die weg kom, weer lief vir die lewe raak, ontspanne wees en jou werkslas beter kan hanteer. Laat Kalmte in die malle gejaag jou inspirasie wees. Geskryf met baie humor deur ‘n kundige wat self die pad geloop het.

Hierdie is ook Johannes de Villiers se derde boek. Die ander twee agter sy naam is Die Einde van die Wêreld (en hoe om dit te oorleef) en Agter die Somber Gordyn. Beide boeke het hy geskryf vanuit die oog van ‘n joernalis. Sy nuwe boek is egter anders, dié slag word daar nie van buite na binne gekyk nie, maar nou van binne na buite. Hy’s ook ‘n joga-instrukteur, en dit help met verduidelikings omtrent asemhaling, postuur, en aandag. Als lekker prakties! Hy bespreek sy eie binnewêreld en spiritualiteit. Dit maak die boek ‘n merkwaardige een.

Johannes skryf met baie humor en menslikheid, en dit doen hy mooi want hy’s ‘n wonderlike woordsmit.

Hy stel die tegniek van mindfulness bekend op ‘n nuwe manier. En met die vertel van stories van gewone mense wys hy hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die magic in elke oomblik kan sien.

Hierdie boek is vol wonderlike wenke oor hoe om moeilike werksverhoudings beter te hanteer, minder kwaad vir jouself te raak en om dalk bietjie ligter deur die lewe te gaan.

Wat hy graag vir mense wil verduidelik is dat daar altyd, in elke oomblik van elke dag, ‘n stukkie magic iewers teenwoordig is. Mens kan in enige oomblik – veral die moeilikes – die pause-knoppie druk, en dan jouself vra: “Waar is die magic in hierdie oomblik?” As jy mooi kyk en mooi luister, is daar altyd iets.

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...