At least 19 young children and 2 adults have been shot dead at an elementary school in Texas. The teenage gunman was later killed by responding officers. The incident has prompted a furious President Joe Biden to denounce the US gun lobby, vowing to end the country’s cycle of mass shootings:
19 laerskoolleerlinge en 2 volwassenes is gister by die Robb Elementary School in Uvalde, Texas, doodgeskiet. Volgens die goeweneur van Texas, Gregg Abbott was die aanvaller gewapen met ’n handwapen en moontlik nog ’n geweer. Die 18-jarige aanvaller is later deur die polisie doodgeskiet. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Uvalde is ’n stad met sowat 16 000 inwoners. Die skietvoorval kom minder as ‘n week nadat ‘n aanvaller 10 mense in ‘n supermark in Buffalo, New York, doodgeskiet het.