fbpx
24.6 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

Oudste man in SA glimlag steeds van oor tot oor

Published on

Fredie Blom van Delft is die oudste man in ons land.

Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, het ook by hom gaan kuier toe hy op Dinsdag 8 Mei 114 jaar oud geword het.

Fritz het tydens sy besoek gesê Fredie is ‘n inspirasie vir die mense van sy gemeenskap omdat hy so ‘n goeie voorbeeld is van hoe mense hulself behoort op te pas.

Sy rekord-verjaardag moet nog deur Guiness World Records bevestig word, maar daar word vas geglo dat hy nou die oudste mens op aarde is. Volgens Guiness is dit ‘n man in Japan wat op die oomblik hierdie rekord hou. Masazo Nonake is wel 112 jaar oud, wat dus beteken dat Kaapenaar Fredie die titel as oudste gaan oorneem wanneer sy rekord erken word.

Volgens sy identiteits-dokument is hy in 1904 in Adelaide in die Oos-Kaap gebore. Hy is die afgelope 48 jaar met Jeannette (85) getroud en het geen kinders van sy eie nie. Hulle het wel ’n grootmaakkind wat hulle aangeneem het, en een kleinkind.

Jeanette het twee kinders uit ’n vorige verhouding gehad. Albei is egter reeds oorlede.

Volgens sy vrou is hy nog baie aktief in en om die huis – voor sy destydse aftrede het hy gewerk as tuinier.

Jeanette sê hulle suksesvolle huwelik is daaraan toe te skryf dat hulle altyd seker gemaak het daar is vrede in die huis voor die son sak, en dat dit soms harde werk vereis het, maar gewis die moeite werd was.

Sy meen hy is gelukkig om nog op sy ouderdom perdfris en gesond te wees – soms is dit net sy bene wat bietjie pla. Hy’t glo ook nog nooit opgehou om van oor tot oor te glimlag nie.

Sy verjaardag is gevier met ‘n deftige koek, en familie en vriende van Delft wat kom kuier het.

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...