Elana en Cyril se komiese medalje-petalje

Published on


Add Smile FM on Google

Die oud-Springbok- en Olimpiese atleet Elana Meyer is verlede maand tydens die Nasionale Orde-toekenningsgeleentheid in Pretoria vereer. Dis die eerste keer dat Cyril Ramaphosa as president hierdie toekennings oorhandig aan Suid-Afrikaners wat buitengewone bydraes lewer tot die mense van ons land se lewens. Dit is die hoogste toekenning wat iemand in Suid-Afrika kan ontvang. Meyer is met die Orde van Ikhamanga vereer vir haar bydrae tot baanatletiek.

Dié Stellenbosser het Suid-Afrikaners vasgenael voor hul TV’s gehou toe sy in 1992 op die Olimpiese Spele in Barcelona, die silwermedalje in die 10 000 m vir vroue gewen het ná ’n groot tweestryd met Derartu Tulu van Ethiopië.

Daar was wel by die geleentheid in Pretoria ‘n baie komiese oomblik. Ná pres. Ramaphosa die medalje om Meyer se nek gehang het, het dit voor by haar rok ingeglip. Die president het heel skaam begin lag, duidelik onseker oor wat om te doen, voordat Elana self die medalje uitgehaal het.

Ons kan geweldig trots wees op Elana Meyer – nie net oor haar toekenning nie, maar ook oor die feit dat sy soveel jong atlete ondersteun deur haar Endurocad-stigting in Stellenbosch. Hulle help opkomende atlete om hulle loopbane te bevorder en om jonger atlete met hulle ontwikkelende loopbane by te staan. Hierdie ma van twee sê ook sy is bly haar kinders is self lief vir sport en voeg by dat hulle graag aan ‘n klomp verskillende sportsoorte deelneem. Sou hulle in die toekoms kies om aan langafstand-atletiek deel te neem sal sy hulle ondersteun, maar volgens haar is die handhawing van ‘n gesonde leefstyl vir haar belangriker as hulle keuse om in haar voetspore te volg.

Kyk gerus na die oulike video oor die medalje-petalje. Elana sê sy’s ook heel beindruk met ons president se fiksheid. Luister gerus na die potgooi hierbo.

 

Latest articles

Busy city pedestrian routes turn into an open-air gallery

   One of Cape Town's busiest pedestrian routes turns into an open-air gallery. Every weekday, approximately 30,000 pedestrians walk several surveyed routes in Cape Town,...

Things every South African needs to know about having a will

 There are many things South Africans need to know about having a will. So says Mariska Redelinghuys, the Employee Benefits and Fiduciary Specialist at...

OPINION: Annual two-pot withdrawals could cost an employee R1 million at retirement

Annual two-pot withdrawals could cost an employee R1 million at retirement. R399 600 now, or R1.01 million more later. That's the choice facing employees...