fbpx
21.3 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

BOKKIE BAMBI, BAKEN VAN HOOP

Published on

“The greatness of a nation can be judged by the way its animals are treated.” – Mahatma Gandhi

Ek sal graag wil glo dat hierdie woorde waar is, wat sal beteken dat Suid Afrikaners ruim harte het!

Dit is nou as jy wegkyk van #Bosasa en probeer vergeet van ‘n Minister wat aangestel is om na omgewingssake om te sien, maar wat blykbaar omgekoop is deur lamsvleis, geld en kiste drank!

Draai eerder jou kop weg en fokus op ‘n storie wat  hier, op ons voorstoep in Somerset Wes, gebeur het.

Na die verwoestende brande op Vrydag 11 Januarie is daar een storie van hoop wat selfs wêreldnuus gemaak het, die storie van Bambi!

Die kleine grysbokkie is gedurende die brand deur barmhartige paramedici van ER24 gered, en per ambulans na die Country Animal Clinic buite Somerset-Wes geneem, waar dr. Adri Rossouw vir Bambi onder haar vlerk geneem het.

Videos van hoe Bambi gulsig aan ‘n bottel drink het ons vir ‘n oomblik laat vergeet van die hartseer pad van verwoesting wat die brande agter gelaat het, huisie wat in puin gelê is, die tannie van Pringlebaai wat oorlede is aan ‘n hartaanval as gevolg van skok, en die honderde hektaarnatuurlike plantegroei wat verwoes is.

Soos Bambi aan sy bottel klou, klou ons aan haar dapperheid om te bly lewe!

Bambi se pootjies het erg verbrand, maar volgens dr. Adri vorder Bambi goed en begin selfs klim en klouter. Sy verbind daagliks die pootjies, om seker te maak daar is geen infeksie nie. En sodra Bambi se pootjies gesond is, wil dr. Adri graag hê dat Bambi terug gaan natuur toe, om maatjies van sy eie soort te maak.

Maak gereed vir nog ‘n trane dal, ek kan net dink hoe moeilik daardie afskeid gaan wees!

Dr. Adri het onlangs met Jackie Pienaar-Brink gesels, en wenke gedeel oor hoe gemaak as jy ‘n dier red tydens die brande. Volgens haar is die beste raad om die dier in ‘n handdoek of kombers toe te draai en te ry na die naaste veearts.

Die “Kleinmond Animal Welfare Society” of KAWS het verlede week Kapenaars genooi om aansoek te doen vir ‘n opleidingskursus, waar jy sal leer hoe om saam met die brandweermanne en vroue die brande te betree, om wilde diere van ‘n vlamme-dood te red.

Ek het aangetree vir hierdie posisie! Hier is die inligting indien jy sou wou:

In light of the recent fires, we, in conjunction with members of the community will be putting together a “wildfire rescue team”. There is a desperate need for this as our firefighters are so busy fighting the fires that they cannot stop to help the injured babies as they escape the fires. In order to be allowed to go into the burnt areas asap behind the firemen (this is the best way to save and help injured wildlife), we need to go on a 2 day course and get the correct clothing. If anybody is interested in joining this team to assist in fires around the Overberg / Overstrand please will you drop us an email at kaws@mweb.co.za with your details. 🙂 Looking forward to making a difference 🙂 PLEASE NOTE that an entire team is needed. Logistics, transport etc. The course if only for the people that want to physically go in and do the “evacuations”.

 

 

 

 

Liesl Smit
Liesl Smit
Liesl is the Smile 90.4FM News Manager. She has been at Smile since 2016, with nearly 20 years experience in the radio industry, including reading news, field reporting and producing. In 2008 she won the Vodacom Journalist of the Year Award, Western Cape region. liesl@smile904.fm

Latest articles

Accused in Booi and Stanfield tender fraud case shot dead

  One of the co-accused in the corruption case involving the former MMC for Human Settlements Malusi Booi and alleged gang boss Ralph Stanfield, has...

Interest Rates have been cut, more relief on the way

  South Africans who are deep in debt can breathe a sigh of relief as the South African Reserve Bank has finally started cutting interest...

Two arrested for Kraaifontein Gogo’s murder

  Two suspects have been arrested for the murder of an elderly women in Kraaifontein, nearly a month ago.   The 64 year old Nophumela Makeleni was...