Ilhaam Groenewald gee die pas aan in rugby

Published on


Add Smile FM on Google

Die hoofdirekteur van Maties Sport, Ilhaam Groenewald het murg in haar pype. Nie net is sy een van enkele vroue in Suid-Afrika wat hierdie pos by ‘n universiteit beklee nie, maar het ook in 2016 die eerste vrou in die geskiedenis geword om op die Hoof Uitvoerende Raad van die Suid-Afrikaanse Rugby-Unie te dien, na sy verkies is.

Die voormalige direkteur van sportadministrasie by die Universiteit van Wes-Kaapland is in 2014 as Maties se eerste hoofdirekteur vir sport aangestel.

Een van haar belangrikste take is om sport as ’n strategiese bate van die universiteit te ontwikkel, en om om te sien na studentewelsyn en om hulle gesondheid te bevorder.

Groenewald (49) is ’n boorling van die Noord-Kaap, en is al lank iemand wat diep spore in ons land se sportbestuur trap. Sy is in 1991 by die UWK aangestel.

Sy was ook die eerste visepresident van Universiteit Sport Suid-Afrika en voorsitter van die forum vir sporthoofde by universiteite in ons land.

Wat haar rol by SARU betref, is dit veral transformasie waarop sy fokus. Groenewald is op die oomblik hard aan die werk om met toekoms-gedrewe oplossings voorendag te kom om verteenwoordiging, ook van vroue in sportbestuur, te bevorder.

Dis wel nie net universiteit-sport wat Groenewald na aan die hart lê nie. Sy’s ook van mening dat sport-ontwikkeling by skole veral aandag verdien om te verseker ons bly kompeterend op internasionale vlak. Haar visie rondom hierdie temas is net so indrukwekkend soos die suksesse wat sy al behaal het.

Sy beskryf haarself as ‘n agent vir verandering en is trots op haar innovasies wat al vir meer as twee dekades vrugte afwerp, deurdat talle jongmense in die proses bemagtig is om loopbane binne sport-bestuur te volg.

Wat vroue in senior-posisies in sport betref, is Groenewald ‘n voorloper en ‘n inspirasie. Haar droom is om ‘n leierskaps-akademie vir jong vroue op die been te bring in die toekoms, waar mentorskaps-programme aangebied word.

‘n Kaapse vrou waarop ons baie trots kan wees.

Latest articles

Specialised hazardous materials (Hazmat) equipment handed over

 The Western Cape Government has handed over specialised hazardous materials (Hazmat) equipment to the Cape Winelands District Municipality. This is as part of its...

Team on board S.A. Agulhas II arrive safely at Marion Island

   The team on board S.A. Agulhas II have arrived safely at Marion Island. The M83 team arrived earlier this month. They are ready to...

Major review finds vaping leads to poorer respiratory health among children

 A major review by the Royal College of Paediatrics and Child Health has found consistent evidence linking vaping among children and young people to...