Keenan Arrison is die Kaapenaar in Tomb Raider

Published on


Add Smile FM on Google

‘n Jong Kaapse akteur is in die nuwe Tomb Raider-fliek te sien. Keenan Arrison van Plumstead sê sy lewe het verander sedert hy die rol losgeslaan het. Gereelde rooitapyt-partytjies oorsee en skouers-skuur met van die wêreld se bekendste akteurs het dié- 37-jarige die afgelope paar maande heelwat van beleef.

Arrison meen ook ons kan gerus trots voel op die vele ander Suid-Afrikaners op die Tomb Raider-span. Dit sluit kameramense en film-operateurs in.

Arrison het destyd ‘n rol gehad in The Wild, en was sedertdien deel van een internasionale produksie op die volgende.

Hy’t openbaar dat baie van die fliek net buite die Paarl geskiet is, en dat die Cape Town Film Studios ook ‘n plek was waar daar gereeld by aangedoen is tydens die verfilming.

Oor die Sweedse ster in die hoofrol van Tomb Raider, Alicia Vikander, glimlag Arrison breed. Hy sê die vriendelike boogskutter het mense gereeld reggehelp as hulle haar naam verkeerd uitgespreek het, was altyd goed voorbereid vir al die tonele en heerlik om saam mee te werk.

Tomb Raider het al meer as ‘n miljard Rand by die loket verdien. Arrison sê hy’s dankbaar vir die geleentheid wat hy gekry het om die rol van Rockets in die fliek te vertolk, en het dit geniet om die anti-held te speel. Sy voorbereiding het ook lesse in militêre veg-tegnieke ingelsuit en hy sê hy vind dit nou baie handig om basiese selfverdediging nogal goed onder die knie te hê.

Op die oomblik word daar aan ‘n misdaad-drama geskiet in die Kaap, en gehore in beide ons land en in Amerika kan regmaak om dit later vanjaar te siene te kry.

Die toekoms is blink vir ons Keenan, en hy hoop sy onlangse film-sukses spoor ander jong Kaapse akteurs aan om te bly reik na die sterre.

 

Latest articles

IEC Opens Applications for Special Votes

  If you already know you won't be able to make it to your voting station on 4 November, don't panic. There is another option.   The...

Free access to City nature reserves over Heritage weekend

Cape Town residents are invited to explore the city's natural heritage, with free entry to the City's nature reserves from Thursday, 24 September to...

Could this be Heritage Day’s signature drink?

  Heritage Day has its food sorted. There’s the braai, of course, along with family recipes, generous tables and the inevitable debate over who makes...