Worshond en sy eienaar red pasgebore baba

Published on


Add Smile FM on Google

‘n Pasgebore baba van Port Elizabeth is verlede week gered deur ‘n plaaslike vrou en haar worshond tydens hulle gebruiklike oggend-stappie. Charmaine Keevy, 63, en haar hond Georgie het op die kindjie afgekom nadat beide van hulle agtergekom het iets was nie pluis in ‘n stormwater-afvoerpyp op hulle normale staproete nie.

Nadat die polisie ontbied is, is daar gevind dat die baba opsetlik in die drein geplaas is, vermoedelik deur een of beide ouers. Nooddienste is dadelik ontbied, waarna die babadogtertjie vir hipotermie behandel is.

Plaaslike nuus-dienste het reeds na die kind verwys as ‘n ‘wonderwerk-baba’ en dat haar kans op oorlewing baie skraal was, was dit nie vir Charmaine en Georgie se fyn ore nie. Die kind was ‘n volle 6 voet onder die grond in die stormwaterdrein op ‘n koue en reënerige dag in die Baai gevind.

Keevy, wat ‘n spyseniering-firma bedryf, sê sy’t ‘n geluid gehoor wat haar eers laat dink het dit was van ‘n katjie, maar toe sy die saak van nader bekyk het sy gou agtergekom die vonds was iets heeltemal anders.

Sy’t toe ander motoriste se aandag probeer trek het, en dit was die goedhartige Cornie Viljoen, 60, wat haar te hulp gesnel het.

Viljoen het van ‘n staal-voorwerp wat in sy motor was gebruik gemaak om die beton-bedekking van die drein op te lig. Hy’t toe self deur die smal opening gekruip om die baba te red. Sy’s kortliks daarna in die sorg van ambulans-personeel geplaas.

Die baba is deur die werknemers van ‘n plaaslike hospitaal Grace April gedoop, waar sy op die oomblik versorg word. Maatskaplike werker, Pamela Rubushe, is ook aangestel om na die belange van die kind om te sien. Rubushe sê sy’s oortuig dat Grace April eersdaags ‘n nuwe familie gaan hê waar sy gekoester sal word en waar sy haar volle potensiaal sal bereik.

Indien jy dalk self ‘n bydrae wil maak vir diégene wat weggooi-babas in ons land ondersteun, is jy welkom om die webblad www.doorofhope.co.za te besoek.

 

Latest articles

Specialised hazardous materials (Hazmat) equipment handed over

 The Western Cape Government has handed over specialised hazardous materials (Hazmat) equipment to the Cape Winelands District Municipality. This is as part of its...

Team on board S.A. Agulhas II arrive safely at Marion Island

   The team on board S.A. Agulhas II have arrived safely at Marion Island. The M83 team arrived earlier this month. They are ready to...

Major review finds vaping leads to poorer respiratory health among children

 A major review by the Royal College of Paediatrics and Child Health has found consistent evidence linking vaping among children and young people to...