fbpx
27.3 C
Cape Town
Monday, September 23, 2024

Wayde van Niekerk se suksesverhaal nou ‘n fliek

Published on

Kaapstad en Suid-Afrika se atletiek-kampioen, Wayde van Niekerk sê hy hoop dat die dokumentêre fliek oor sy lewe ander sal inspireer om nooit op te hou droom nie. Die rolprent “43:03 The Wayde van Niekerk Story” is verlede week by die V&A Waterfront aan sy familie, vriende, borge en ‘n paar aanhangers vertoon en vertel die verhaal, van hoe hy die huidige Olimpiese en wêreldkampioen in die 400-meter geword het.

Dit begin waar hy prematuur gebore is en vertel van al die uitdagings, wat oor sy pad gekom het, veral ook sportbeserings. Die 25-jarige het tydens dié geleentheid self vir die eerste keer die fliek gesien. Hy het aan Smile 90.4FM Nuus gesê die fliek is selfs vir hom ‘n inspirasie.

Sy ouma wat ook die vertoning bygewoon het, sê sy’s die trotsste ouma nog. Margaret Krause van Kaapstad was destyds in Rio de Janeiro toe haar kleinseun sy Olimpiese goue medalje gewen het en vertel graag van die opgewondenheid wat in die stadion geheers het. Volgens haar het dit letterlik gevoel asof haar hart sou bars van blydskap, en dat dit by verre die mees euforiese oomblik van haar lewe was.

Hoewel van Niekerk steeds op die herstel-pad is na ‘n knie-besering wat hy verlede jaar tydens ‘n tag-rugby-wedstryd opgedoen het, is hy postitief oor sy terugkeer na wêreld-atletiek in 2019. Na hy vanjaar nie kon deelneem nie, en Suid-Afrika sy goue seun by veral geleenthede soos die Statebondspele gemis het, is van Niekerk van oortuiging dat sy tyd as rekord-breker en medalje-wenner nog lank nie klaar is nie. Oor sy goeie vriend en top-atleet Usain Bolt, het hy ook slegs goeie dinge te sê.

Hy is van mening dat Bolt se bydrae tot baan-atletiek van die belangrikstes is wat nog gemaak is, en dat die twee al vir jare lank moeite doen om weg van die baan ook saam te kuier. Luister gerus na die potgooi hierbo.

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...