Painting it Forward

Published on


Add Smile FM on Google

Chris Lategan weet wat dit is om siek te wees, baie siek te wees. Nadat dokters in die Tygerberg-hospitaal sy breingewas verwyder het, het Chris vanuit sy bed na die mure gestaar en besluit hy moet iets doen om die vaal omgewing op te helder. Dis waar die idee vir “Painting it Forward” begin het. Chris was nog in sy hospitaal-bed, besig om te herstel toe hy op Facebook uitgereik het na vriende en mede-kunstenaars. Chris sê aanvanklik was dit net om dankie te sê vir die dokters en die verpleeg-personeel wat sy lewe gered het. Die gewas wat hy gehad het kom gewoonlik onder kinders voor.

Chris sê die reaksie van kollega’s, vriende en mede-kunstenaars was oorweldigend. Die idee het soos ‘n veldbrand versprei en oor die jare het hy die mees besonderse mense ontmoet wat graag tyd afstaan om hospitale en klinieke mooi te maak.

Nadat hy volkome herstel het, het Chris en sy span by die Tygerberg-hospitaal begin. Daarna het hulle die hospitaal se aangrensende skool vervraai – die Karl Bremer-hospitaal was volgende en toe die Rooikruis Kinder-hospitaal. Van Chris se vriende het selfs in Taiwan ‘n “Painting it Forward” begin waar hulle twee kinderhuise opgehelder het. Hy sê hy ontvang gereeld navrae van oorsee oor die model en formule en hy help graag waar hy kan. Tema’s word deeglik uitgewerk – tans is water op almal se lippe en sê Chris dis ‘n baie gewilde tema.

painting2

Ongelukkig het Chris en sy span slegs tyd om een hospitaal ‘n jaar te vervraai en dit gebeur gewoonlik oor ‘n naweek. Beplanning begin sowat drie maande voor die tyd.

Hy sê die terugvoering wat hy van dokters, personeel en veral jong pasiente ontvang maak sy hart baie bly. Chris sê daar’s kinders wat foto’s vir hom stuur van sy mooi mure en in al die foto’s het die kinders reuse glimlagte op hulle gesiggies. Hy sê dit maak die hele veldtog, die moeite werd.

Indien jy betrokke wil raak besoek hulle Facebook-blad “Painting it Forward.”

Latest articles

LOOK: City unveils vision to complete Cape Town’s unfinished Foreshore highways

  Cape Town Mayor Geordin Hill-Lewis has unveiled plans to transform the city’s iconic unfinished Foreshore highways into a new link bridge, tunnel, promenade and...

Transnet land occupiers lose their appeal against eviction, ‘drug tunnels’ discovered

 Occupiers of Transnet land in Woodstock and Salt River have failed in their bid to appeal an eviction order, with the Western Cape High...

Three seafarers dead, two missing after incident off Mossel Bay coast

 Three seafarers have died, and two remain missing after a rescue boat that was launched from the AMSOL (African Marine Solutions Group) tugboat Umkhuseli...