fbpx
11.2 C
Cape Town
Saturday, September 21, 2024

Maak ‘n bydrae op jou tweewiel tydens Madiba-dag

Published on

Soos dit nou al tradisie geword het, en as deel van die Nelson Mandela-eeufeesvieringe, gaan motorfietsryers, van regoor die land, volgende maand ry vir ’n goeie doel op Mandeladag.

BIKERS FOR MANDELA DAY, in samewerking met die Nelson Mandela-stigting, gaan vanjaar saamtrek met een doel voor oë; en dit is om “Meisiekinders Op Skool” te hou deur sanitêredoekies in te samel vir die driemiljoen meisies wat op ’n jaarlikse basis skool mis omdat daar nie geld is vir basiese toiletware nie.

Hierdie inisiatief is in 2010 deur Nelson Mandela se voormalige persoonlike assistent, Zelda la Grange, begin om Mandela se nalatenskap te vier deur minderbevoorregtes te help. Motorfietsryes, regoor die land, word elke jaar aangemoedig om deel te neem deur ritte en saamtrekke in hulle eie dorpe te reël of om deel te neem aan die massasaamtrekke wat in die provinsie op 14 Julie gehou word.

“Vanjaar se projek stel meer motorfietsryers in staat om deel te neem aan hierdie negejaaroue tradisie van prethê, terwyl goeie dade gedoen word. Madiba het geglo dat selfs die kleinste poging ’n verskil kan maak. Ek hoop dat die eienaars van enige tweewielaangedrewe voertuie met enjins, van bromponies tot groot motorfietse, sal deelneem om ’n doeltreffende impak te hê op hierdie goeie doel. R180 is genoeg om aan een dogter se jaarlikse sanitêredoekiebehoeftes te voorsien en haar in die skool te hou. Met so min, kan so baie bereik word,” sê organiseerder, Zelda la Grange.

Motorfietsryers word uitgenooi om op Saterdag, 14 Julie 2018 te ontmoet by die Parade in Kaapstad om 8h00 die oggend.  Die rit sal om 9h30 na die Drakenstein gevangenis vertrek.  Hierdie inisiatief word ondersteun deur City of Cape Town.

Voornemende motorfietsryers kan gratis registreer by https://www.nelsonmandela.org/nelson-mandela-100 en deelnemers word versoek om elkeen ’n pak sanitêredoekies saam te bring – of soveel as wat hulle kan bekostig – vir die rit. Al die produkte wat ingesamel word, sal dan aan minderbevoorregte dogters versprei word deur BIKERS FOR MANDELA DAY se projekvennoot, Mimi Women, ’n trots-Suid-Afrikaanse organisasie wat sanitêredoekies vervaardig, verkoop en versprei. Maatskappyverteenwoordigers sal ook by beide geleenthede, in Kaapstad en Johannesburg, doekies verkoop.

Om oorsese motorfietsryers die geleentheid te gee om deel te neem aan die geleentheid en skenkings te maak vir die BIKERS FOR MANDELA DAY-inisiatief, is ’n groepbefondsingsblad geskep om Mimi Women te ondersteun. Om ’n skenking te maak deur middel van GivenGain, besoek https://www.givengain.com/e/bikersformandeladay2018/

BIKERS FOR MANDELA DAY se loodsrit is in 2010 deur ’n groep motorfietsryers van Johannesburg en Kaapstad onderneem. Sedertdien is meer as 100 000 kilometer afgelê oor al die provinsies, asook Botswana, Swaziland en Mosambiek.

Tot op hede, het meer as 10 000 mense voordeel getrek uit dié projek – oor die afgelope nege jaar, het motorfietsryers gehelp om weeshuise op te knap, kos en komberse by ouetehuise afgelewer, skryfbehoeftes aan skole verskaf, groentetuine geplant in arm gemeenskappe en geriewe opgeknap by sentrums wat slagoffers van geslagsgeweld ondersteun en polisiestasies regoor Suid-Afrika.

Die inisiatief was ook betrokke by die bou van ’n klaskamer en kleuterskool op ’n plaas in De Rust in 2010. Twee jaar gelede is daar berig dat kinders wat uit hierdie kleuterskool kom reeds kan lees en skryf teen die tyd wat hulle laerskool toe gaan.

Twitter:                @Bikers4MandelaD

Instagram:          @BikersforMandelaDay

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...