fbpx
13.9 C
Cape Town
Monday, September 23, 2024

Kaapenaar verduidelik hoe om ‘reën te skep’ in nuwe boek

Published on

Helen Moffett van Noordhoek het onlangs ‘n boek die lig laat sien wat elke Kaapenaar gerus kan lees. Afgesien daarvan dat Helen ‘n dosent by die Universiteit Kaapstad is, skryf sy ook boeke oor allerlei verskillende onderwerpe.

Haar jongste publikasie, 101 Water Wise Ways, het te make met iets wat net mooi elke Kaapenaar se lewe direk raak, naamlik die droogte.

101book

Moffett sê sy’t geweet die skrif was aan die muur en dat die droogte onvermydelik was wees na ‘n artikel wat sy in 2003 gelees het. Sy vertel egter dat sy besluit het om nie moedeloos en gespanne te wees oor die saak nie, maar om eerder met oplossings voorendag te kom en op kreatiewe maniere die daaglikse uitdaging van min beskikbare water aan te spreek.

Sy sê dit neem beslis ‘n hele gemeenskap om ‘n boek van dié aard te skryf, en die maklikste manier om dit te doen was om destyds haar eie Facebook-gemeenskap op die been te bring en die gedagtes en voorstelle van plaaslike waterbespaarders te versamel.

Gevolglik het sy oor meer as ‘n dekade van die mees ongewone oplossing teëgekom en baie interessante mense ontmoet. Een daarvan is die sogenaamde Tea Bag Elf of Noordhoek. Dié persoon wat graag anoniem wil bly, het met Helen haar idees gedeel oor hoe mens met slegs ‘n gebruikte teesakkie jou huis en vuil skottelgoed kan skoonmaak, sonder om ‘n druppel water te gebruik. ‘n Proses wat baie kleurryk in haar nuwe boek beskryf word.

Helen sê sy’t ook ‘n bewysbare manier gevind om ‘reën te skep’. Glo dit of nie. Luister gerus na die potgooi bo-aan die bladsy om haar verduideliking te hoor.

Die boek sluit ook stories in oor dinge wat sy gewens het sy al lank terug begin doen het. Hierna kan jy ook luister in die bogenoemde potgooi.

Helen glo vas dat ons dié wa deur die drif sal trek as ons saamstaan en met ‘n positiewe gesindheid ons waterbesparing-gewoontes volhou.

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...