fbpx
13.9 C
Cape Town
Monday, September 23, 2024

Geliefde Kaapse akteur skitter in nuwe fliek

Published on

Die langverwagte Suid-Afrikaanse misdaadriller, NOMMER 37, is nou te sien in plaaslike bioskope, nadat dit reeds groot opslae oorsee gemaak het.

“Ek hoop dat alle Suid-Afrikaners hierdie fliek sal gaan kyk, want die tema is universeel terwyl hulle ook meer sal sien van ’n wêreld wat aan die meeste van ons onbekend is. Teen die tyd wat fliekgangers die bioskoop verlaat, sal hulle vermaak en verras voel, en dalk ook sommer lus wees om ’n verkyker aan te skaf,” sê regisseur en draaiboekskrywer, Nosipho Dumisa, wat ook ’n medevervaardiger is van die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, oor haar debuutspeelfilm.

Hierdie Kaapstadse produksie, wat aan die wêreld bekendgestel is tydens die internasionale SXSW-rolprentfees in Texas, is ook gekies is om die land verder te gaan verteenwoordig by die agtiende jaarlikse Internasionale Neuchâtel Fantastic-Rolprentfees (NIFFF) in Switserland, vanaf 6 tot 14 Julie 2018. Daar is ook onlangs aangekondig dat Dark Star Pictures eksklusiewe regte bekom het om die fliek in Noord-Amerika te versprei. Die Noord-Amerikaanse vertonings sal in New York en Los Angeles begin, waarna dit ook op ’n DVD-op-aanvraag-basis vrygestel sal word. Reel Suspects het ook verspreidingsregte vir die rolprent in China, Duitsland, Oostenryk, Switserland en Japan bekom.

NOMMER 37 is gebaseer op die SAFTA-bekroonde kortfilm met dieselfde naam, waarvan Nosipho Dumisa en Travis Taute die regisseurs was. Dit speel af in ’n fiktiewe woonstelblok, Haven Mansions, in haar weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes. Dit vertel die verhaal van Randal Hendricks (Irshaad Ally) wat onlangs deur ’n ongeluk gestrem gelaat en nou rolstoel- woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon en Luke Jansen is ook in die fliek te sien. Dit is vervaardig deur Bradley Joshua en Benjamin Overmeyer, van Gambit Films, saam met XYZ Films.

Dala Wat Jy Moet, ’n treffende kletsrymverwerking, is die eerste enkelsnit wat vrygestel is vanaf die fliek se klankbaan. Dit is baie goed ontvang en is geskep deur die Kaapse kletsrymer, Youngsta CPT, en die manlike hoofrolspeler van die prent, Irshaad Ally. Dit spog met ’n tipiese kletsrymritme en ’n konstante meesleurende koorherhaling wat nie net perfek by die genre van die fliek pas nie, maar ook bydra tot die opbouende spanning. ’n Inspirerende musiekvideo, met die boodskap dat jy net suksesvol kan wees in die lewe as jy kies om bo jou omstandighede uit te styg, is ook pas uitgereik. Kyk hier!

 

Geliefde Kaapse akteur Irshaad Ally wat in die hoofrol van dié film te sien is, verduidelik dat sy pad na sukses nie ’n maklike een was nie. Luister gerus na die potgooi hierbo.

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...