fbpx
28.4 C
Cape Town
Wednesday, October 23, 2024

Elana en Cyril se komiese medalje-petalje

Published on

Die oud-Springbok- en Olimpiese atleet Elana Meyer is verlede maand tydens die Nasionale Orde-toekenningsgeleentheid in Pretoria vereer. Dis die eerste keer dat Cyril Ramaphosa as president hierdie toekennings oorhandig aan Suid-Afrikaners wat buitengewone bydraes lewer tot die mense van ons land se lewens. Dit is die hoogste toekenning wat iemand in Suid-Afrika kan ontvang. Meyer is met die Orde van Ikhamanga vereer vir haar bydrae tot baanatletiek.

Dié Stellenbosser het Suid-Afrikaners vasgenael voor hul TV’s gehou toe sy in 1992 op die Olimpiese Spele in Barcelona, die silwermedalje in die 10 000 m vir vroue gewen het ná ’n groot tweestryd met Derartu Tulu van Ethiopië.

Daar was wel by die geleentheid in Pretoria ‘n baie komiese oomblik. Ná pres. Ramaphosa die medalje om Meyer se nek gehang het, het dit voor by haar rok ingeglip. Die president het heel skaam begin lag, duidelik onseker oor wat om te doen, voordat Elana self die medalje uitgehaal het.

Ons kan geweldig trots wees op Elana Meyer – nie net oor haar toekenning nie, maar ook oor die feit dat sy soveel jong atlete ondersteun deur haar Endurocad-stigting in Stellenbosch. Hulle help opkomende atlete om hulle loopbane te bevorder en om jonger atlete met hulle ontwikkelende loopbane by te staan. Hierdie ma van twee sê ook sy is bly haar kinders is self lief vir sport en voeg by dat hulle graag aan ‘n klomp verskillende sportsoorte deelneem. Sou hulle in die toekoms kies om aan langafstand-atletiek deel te neem sal sy hulle ondersteun, maar volgens haar is die handhawing van ‘n gesonde leefstyl vir haar belangriker as hulle keuse om in haar voetspore te volg.

Kyk gerus na die oulike video oor die medalje-petalje. Elana sê sy’s ook heel beindruk met ons president se fiksheid. Luister gerus na die potgooi hierbo.

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...