Besonderse boek. Merkwaardige man.

Published on


Add Smile FM on Google

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raaksien en tyd bestee aan dinge wat regtig saak maak. Maar die realiteit is dat jy die meeste van die tyd rondjaag, altyd moeg en erg gestres is. Wat maak mens? Deur die tegniek van bedagtheid (mindfulness) en meditasie is dit moontlik om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. Leer aan die hand van die stories van gewone mense hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan sien. Deur bedagtheid te beoefen sal jy beter met mense oor die weg kom, weer lief vir die lewe raak, ontspanne wees en jou werkslas beter kan hanteer. Laat Kalmte in die malle gejaag jou inspirasie wees. Geskryf met baie humor deur ‘n kundige wat self die pad geloop het.

Hierdie is ook Johannes de Villiers se derde boek. Die ander twee agter sy naam is Die Einde van die Wêreld (en hoe om dit te oorleef) en Agter die Somber Gordyn. Beide boeke het hy geskryf vanuit die oog van ‘n joernalis. Sy nuwe boek is egter anders, dié slag word daar nie van buite na binne gekyk nie, maar nou van binne na buite. Hy’s ook ‘n joga-instrukteur, en dit help met verduidelikings omtrent asemhaling, postuur, en aandag. Als lekker prakties! Hy bespreek sy eie binnewêreld en spiritualiteit. Dit maak die boek ‘n merkwaardige een.

Johannes skryf met baie humor en menslikheid, en dit doen hy mooi want hy’s ‘n wonderlike woordsmit.

Hy stel die tegniek van mindfulness bekend op ‘n nuwe manier. En met die vertel van stories van gewone mense wys hy hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die magic in elke oomblik kan sien.

Hierdie boek is vol wonderlike wenke oor hoe om moeilike werksverhoudings beter te hanteer, minder kwaad vir jouself te raak en om dalk bietjie ligter deur die lewe te gaan.

Wat hy graag vir mense wil verduidelik is dat daar altyd, in elke oomblik van elke dag, ‘n stukkie magic iewers teenwoordig is. Mens kan in enige oomblik – veral die moeilikes – die pause-knoppie druk, en dan jouself vra: “Waar is die magic in hierdie oomblik?” As jy mooi kyk en mooi luister, is daar altyd iets.

Latest articles

Global support for the International Criminal Court after Trump imposes sanctions

 World leaders are reiterating their unwavering support for the International Criminal Court (ICC) after the United States took an unprecedented step to announce sanctions...

Athlone Operation Leads to Arrests Linked to Murder and Attack on Police

 Several suspects have been arrested during a joint law enforcement operation in Die Vlei, Athlone, as police intensify efforts to combat serious and violent...

South African judge Navi Pillay wins Nobel Peace Prize

 South African jurist Navanethem “Navi” Pillay has won the 2026 Nobel Peace Prize for her efforts to promote peace and international law. The Norwegian Nobel...