fbpx
23.2 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

DIE KERK ONDER DIE BRUG

Published on

I received this wonderful letter from an attorney friend in Stellenbosch. I’ve shortened it slightly, but kept it true in its essence. For me, it was a wonderful reminder of the goodness of people and the miracles that happen, often right under our feet…

“Omtrent 22 jaar gelede het ek vir Wan Yung Kim ontmoet deur my vriend Johan toe ek op Universiteit was. Ek het dit nooit geweet nie, maar Wan Yung was nader aan my in hierdie tyd as wat ek besef het. Hy was onder my. Hy en sy gemeente.

Hy was een van verskeie Koreaanse studente wat teologie kom studeer het aan Stellenbosch Universiteit.

Gister het ek en Wan Yung weer paaie gekruis. Hy is grys en bietjie krom. Ek sien later in sy paspoort hy is 57. Hy het ‘n vrou en drie uitgegroeide kinders. Hy woon al sedert 1989 in Suid Afrika.

Wang Yung het in 2010 aansoek gedoen vir ‘n werkspermit by die Paarlse kantoor van die Departement van Binnelandse Sake. Nadat hy sy aansoek ingedien het, het hy gereeld by die Paarlse kantoor van Binnelandse Sake gaan navraag doen omtrent die vordering met sy aansoek. Vir ure in die ry gestaan en wag. Dan sê hulle vir hom om weer te kom, of om een of ander nommer te bel. Of om weer sy aansoek in te dien.

‘n Paar jaar gelede moes hy boetes betaal om weer in die land in te kom nadat hy en sy gesin in Korea was. Omdat hy nie ‘n werkspermit het nie en sy status steeds ‘pending’ is. Hy het Korea toe gegaan om vandaar af te gaan aansoek doen deur die konsulaat. Hulle het vir hom gesê hy kan nie, want sy aansoek is ‘pending’.

Wan Yung lyk nie te veel gepla nie. Hy het my maar kom sien om te kyk of ek hom kan help om die Departement van Binnelandse sake sover te kry om sy en sy gesin se aansoek om ‘n werkspermit te prosesseer. ‘n Aansoek waarmee hulle al vir die laaste 8 jaar sloer.

‘n Gesloer wat gemaak het dat Rhenish nie sy kinders wou aanvaar nie en hulle hulle dogter moes ‘homeschool’ .’n Gesloer wat verhoed dat Wan Yung se vrou haar siek pa in Korea kan besoek; ‘n gesloer wat verhoed dat hulle vir hulle kinders kan gaan kuier wat in Engeland en Duitsland studeer.

Die werk wat hy gehad het by die NG Kerk Noord Gemeente op Stellenbosch en op grond waarvan hy aansoek gedoen het vir die werkspermit, het hy al lankal verloor omdat hy nie ‘n werkspermit kry nie. En niemand wil hom in diens neem nie omdat hy nie ‘n werkspermit kry nie.

Nog steeds preek hy vir die haweloses van die dorp. Hy kan maar net nie die onsigbare mense in die dorp uitlos nie.

Hy het begin preek vir die mense wat bly onder die brug. Dis die brug waaroor jy ry as jy Stellenbosch binnekom met Kayamandi langs.

Hier het ‘n paar mense shacks opgerig en ‘n gemeenskap in die kleine het ontstaan. ‘n Informele nedersetting tussen die informele nedersettings. Die armstes van die armes. Die swakstes en die siekstes wat nêrens anders kan kompeteer vir spasie nie.

Wan Yung het nog altyd probeer om die haweloses in ‘n kerk te kry in die dorp sodat hy vir hulle kan preek. Nie een van die 40 kerke op die dorp in die land was bereid om hierdie vuil en siek mense te akkomodeer nie. Wie wil sit op banke waar hulle met hulle stink lywe gesit en hoes het? Of toilette gebruik wat hulle bevuil het?

Die onsigbares van die dorp het ‘n kerk gekry. Onder die brug sit hulle op stompe, klippe, Coca Cola kiste, of lê op die grond. Terwyl die karre bo-oor ry. Heeltemal onbewus van die gemeente onder hulle wiele. As dit reën, reën hulle darem nie nat nie. Dit is eintlik maar beter, sê Wan Yung, want hulle is buite en die mense hoes baie.

Hulle sing gesange en hou nagmaal en doop en trou.

Wan Yung hulle het met stukkende bakstene plaveisel gelê. Sondae maak hy kos en preek in Afrikaans. Hy deel klere en komberse uit. Daar is ‘n plek om dood te gaan vir die siekes.

Baie is daar omdat hulle te siek is om te werk. AIDS en TB, die elemente, drank en dwelms eis hulle tol. Hy het ‘n hospice in ‘n Wendyhuis. Hy hou begrafnisdienste vir hulle. Die mense van Slats Town maak beddens in hul huise beskikbaar vir die sterwendes.

Wan Yung sê hierdie mense is ook in God se hand. Al lyk dit vir my asof hulle uitgeval het.

Ek het het vir 20 jaar lank in Stellenbosch gebly en in Bellville gewerk. Ek het elke dag oor die brug gery. Partykeer het rook van vuur langs die brug opgewalm. Miskien was dit Wang Yun wat vleis gebraai het.

Ek weet nie hoekom ek dit geskryf het of hoekom ek dit vir mense stuur nie. Miskien kan iemand iets doen om hom te help. Miskien inspireer dit iemand om iets te doen op ‘n ander manier. Maar ek wil ook net hê mense moet weet van Wan Yung.”

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...