Van model tot rolmodel

Published on


Add Smile FM on Google

Van die stofstrate van Gugulethu waar Vincent Ntunja groot geword het, tot ‘n rolmodel vir honderde kinders is dié 37-jarige man besig om lewens te verander. Hy sê een van sy beste kinder-herinneringe was toe hy as ‘n seuntjie in ‘n stadion gesit en gekyk het hoe sy pa sokker speel. Hy was 12-jaar oud toe sy pa deur bende-lede vermoor is en die familie gesukkel het om kos op die tafel te sit. Dit was in die laat negentigs toe hy basketbal ontdek het.

“Dis baie maklik om die pad in Gugulethu byster te raak – ek praat van bendes en dwelms. Maar my ma het hard gewerk om kos en klere te verskaf en my skool-uniform was altyd netjies gestryk.”

Sy ma het hom ook geleer om geduldig te wees, sukses gebeur nie oornag nie. Nadat hy as ‘n kaalvoet jongman uitgenooi is om aan die WP proewe deel te neem en net-net nie die finale span gehaal het nie, het Vincent besluit om weer te probeer. Die volgende jaar was hy die groot uitblinker en het Vincent gekwalifiseer vir die provinsiale span. ‘n Plek in die nasionale span het gevolg en later is hy saam Rusland toe om deel te neem aan die Junior Wêreld-kampioenskap. Daarna het die wêreld se deure vir Vincent oopgegaan en is hy saam met 499 ander hoopvolle basketbal-spelers uitgenooi na Michael Jordan se “Flight School” in Amerika. Vincent het vinnig die oog gevang en is aangewys as die mees waardevolle speler by die eerste oefen-kamp. Dis hier waar hy besluit het om terug te keer na Suid-Afrika en terug te gee aan die gemeenskap.

Vandag is die “tall, dark and handsome” Ntunja, wat ook modelwerk doen, ‘n mentor by die nie-regeringsorganisasie, African Grassroot Hoops. Vincent besoek jeug aanhoudingsentrums waar hy jongmense inspireer met sy storie. Jy sal hom ook op die basketbal-baan in Gugs, wat na hom vernoem is, vind waar hy belowende jong spelers aanspoor om nuwe hoogtes te bereik en die regte besluite in die lewe te neem.

Lees meer oor African Grassroot Hoops en die werk wat hulle doen op www.africangrassroothoops.org

 

Latest articles

Busy city pedestrian routes turn into an open-air gallery

   One of Cape Town's busiest pedestrian routes turns into an open-air gallery. Every weekday, approximately 30,000 pedestrians walk several surveyed routes in Cape Town,...

Things every South African needs to know about having a will

 There are many things South Africans need to know about having a will. So says Mariska Redelinghuys, the Employee Benefits and Fiduciary Specialist at...

OPINION: Annual two-pot withdrawals could cost an employee R1 million at retirement

Annual two-pot withdrawals could cost an employee R1 million at retirement. R399 600 now, or R1.01 million more later. That's the choice facing employees...