Musiek is ‘n lewensredder, veral die Macarena!

Published on


Add Smile FM on Google

Missy Elliot. Hanson. Wilson Phillips. Nie slegs name van kunstenaars wie jy beslis sal raakloop op ‘n Throwback Thursday-speellys nie, maar ook handige nommers om te speel wanneer jy iemand se lewe probeer red.

Volgens die Amerikaanse Hartstigting is dit bewys dat sekere pop-liedjies die kanse op sukses tydens kardiopulmonere resusitasie sal verhoog indien dit gespeel word in die nabye omtrek van ‘n pasiënt.

Lana Gent van die organisasie sê musiek is belangrik om geheue te verfris, en dra by tot die effektiwiteit van iemand wat KPR toepas.

Indien jy jou storie goed ken, kan jy iemand se kans op oorlewing met soveel as 300% verhoog, voor hul behandeling by ‘n hospitaal ontvang. ‘n Persoon in nood behoort glo 100 kompressies per minuut te kry ten tyde van ‘n noodgeval, en as die musiek speel in so geval, help dit die toepasser om sy ritme te behou en om byna soos ‘n metronoon hom of haar van sy taak te kwyt wanneer iemand se hart wakkergemaak moet word.

Nuwe bevindings bewys dat dit beslis help as jy na ‘n pop-liedjie luister wat jy goed ken. Vir baie jare was die beste lied om op KPR te doen “Stayin’ Alive” van die Bee Gees. Dié nommer, waarmee hulle in 1977 getref het, het 103 slae per minuut. Onlangse navorsing toon egter nou dat Los Del Rio se “Macarena” selfs meer effektief is, en dat dit nou amptelik die beste KPR-lied op aarde is, ook met ‘n gesonde 103 slae per minuut!

Ander kunstenaars wat ook genoem word op die lys sluit in Justin Timberlake, Beyoncé, Fall Out Boy en selfs Lynyrd Skynyrd. Almal van hulle toon tussen 98 en 104 slae per minuut.

Kyk gerus na dié video.

 

 

Latest articles

Specialised hazardous materials (Hazmat) equipment handed over

 The Western Cape Government has handed over specialised hazardous materials (Hazmat) equipment to the Cape Winelands District Municipality. This is as part of its...

Team on board S.A. Agulhas II arrive safely at Marion Island

   The team on board S.A. Agulhas II have arrived safely at Marion Island. The M83 team arrived earlier this month. They are ready to...

Major review finds vaping leads to poorer respiratory health among children

 A major review by the Royal College of Paediatrics and Child Health has found consistent evidence linking vaping among children and young people to...