fbpx
24.6 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

Musiek is ‘n lewensredder, veral die Macarena!

Published on

Missy Elliot. Hanson. Wilson Phillips. Nie slegs name van kunstenaars wie jy beslis sal raakloop op ‘n Throwback Thursday-speellys nie, maar ook handige nommers om te speel wanneer jy iemand se lewe probeer red.

Volgens die Amerikaanse Hartstigting is dit bewys dat sekere pop-liedjies die kanse op sukses tydens kardiopulmonere resusitasie sal verhoog indien dit gespeel word in die nabye omtrek van ‘n pasiënt.

Lana Gent van die organisasie sê musiek is belangrik om geheue te verfris, en dra by tot die effektiwiteit van iemand wat KPR toepas.

Indien jy jou storie goed ken, kan jy iemand se kans op oorlewing met soveel as 300% verhoog, voor hul behandeling by ‘n hospitaal ontvang. ‘n Persoon in nood behoort glo 100 kompressies per minuut te kry ten tyde van ‘n noodgeval, en as die musiek speel in so geval, help dit die toepasser om sy ritme te behou en om byna soos ‘n metronoon hom of haar van sy taak te kwyt wanneer iemand se hart wakkergemaak moet word.

Nuwe bevindings bewys dat dit beslis help as jy na ‘n pop-liedjie luister wat jy goed ken. Vir baie jare was die beste lied om op KPR te doen “Stayin’ Alive” van die Bee Gees. Dié nommer, waarmee hulle in 1977 getref het, het 103 slae per minuut. Onlangse navorsing toon egter nou dat Los Del Rio se “Macarena” selfs meer effektief is, en dat dit nou amptelik die beste KPR-lied op aarde is, ook met ‘n gesonde 103 slae per minuut!

Ander kunstenaars wat ook genoem word op die lys sluit in Justin Timberlake, Beyoncé, Fall Out Boy en selfs Lynyrd Skynyrd. Almal van hulle toon tussen 98 en 104 slae per minuut.

Kyk gerus na dié video.

 

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...