fbpx
23.6 C
Cape Town
Monday, September 23, 2024

Fotograaf Roger Sedres beskryf ‘daai foto’

Published on

Wêreldbekende sport-fotograaf, Roger Sedres, sê ‘n onlangse foto wat hy van Caster Semenya geneem het is die beste van sy loopbaan. Beslis ook die foto wat vir hom die meeste persoonlike betekenis inhou.

Ná Caster ‘n tweede goue medalje by die Statebondspele in Australië gewen het, was dit tydens die oorhandiging-seremonie waar die spesiale oomblik afgespeel het. Semenya het met dié prestasie ook die derde vrou in die byeenkoms se geskiedenis geword om goud te wen in beide die 1500m en 800m. Sy’t die 800m in ‘n nuwe Statebondspele-rekord van 1 minuut 56.68 sekondes gewen, en het so haar dubbele aanslag met sukses voltooi deur nuwe Statebond-rekords in altwee items op te stel.

Cas1

Fotograaf Roger sê in al die jare wat hy vir Caster ken het hy haar nog nooit so emosioneel na ‘n wedloop gesien nie. Hy sê ook dat die gebalde vuis wat sy omhoog gehou het totaal onverwags was.

Semenya bevind haar weereens op die oomblik in die middelpunt van kontroversie na die IAAF beslis het dat sy voortaan medisyne moet gebruik indien sy van plan is om steeds in die twee items waarin sy onlangs goud gewen het deel te neem, weens haar natuurlike hoë vlakke van testosteroon.

Volgens Sedres, wat haar baie goed ken, is dit ‘n onregverdige beslissing en het sy hoop uitgespreek dat die IAAF hulle besluit sal heroorweeg en terugtrek ter wille daarvan dat Semenya in vrede aan haar sport kan deelneem.

Hy voeg by dat dit belangrik is dat mens onthou dat Caster nie naastenby tye aanteken wat vergelykbaar is met dié van mansatlete nie.

Sedres meen sy is by uitstek die beste verteenwoordiger vir atletiek van ons kontinent en dat haar deursettingsvermoë byna ongekend is. Semenya, wat tot onlangs nog voltydse student ook was, gebruik geen opkikkers nie en werk harder as meeste ander professionele atlete. Sedres hoop dat die wêreld dit nie miskyk nie, en dat die onregverdige optrede deur owerhede teen ons ster-atleet sal endkry.

cas3

Intussen bly dit volgens hom vir ons as nasie belangrik om vir Caster Semenya te bly steun en bewus te wees van die feit dat sy derduisende vroue regoor ons land verteenwoordig wat met dieselfde liggaams-realiteit gekonfronteer word. Luister gerus na die sielvolle beskrywing van ‘n onvergeetlike oomblik deur ‘n man met vele deugde in die potgooi hierbo.

cas4

Besoek gerus Roger se webblad by www.imagesa.com om nog van sy foto’s te bekyk.

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...