fbpx
28.4 C
Cape Town
Wednesday, October 23, 2024

Nolene Conrad hardloop op haar pad na sukses

Published on

Suid-Afrikaanse padatleet Nolene Conrad se pad na sukses het al heelwat ongewone draaie geneem.

Hierdie Stellenbosser het as tiener aan asma gely. Op ‘n dag het sy ‘n erge aanval gehad en byna haar lewe verloor voor sy na die hospitaal gehaas is. Sedertdien het sy begin draf en aan landloop deelgeneem. Aanvanklik was dit slegs om gesondheids-redes.

Nou is sy besig om die een merkwaardige mylpaal op die volgende te bereik en haar internasionale suksesse het geen einde nie.  Die jongste rede wat ons het om oor Nolene te spog is die feit dat sy nou ‘n atleet met goue status is.

Om dit te kry moet jy nogal uithaal en wys. As ’n atleet goue status van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies verwerf, kry hy of sy kans om in groot wedlope en stadsmarathons soos dié in New York, Londen of Parys deel te neem.

’n Halfmarathontyd met goue status is 1:11:00 vir vroue en 1:01:00 vir mans. In die marathon is dit 2:10:00 vir mans en 2:28:00 vir vroue. Nolene, wat nou 32 jaar oud is, het in Maart dié status verwerf toe in Valencia 1 uur 11 minute en 44 sekondes aangeteken het.

Sy sê hierdie was een van die beste dinge wat nog ooit met haar gebeur het. Dit help met finasiële stabiliteit want om te hardloop is ook haar beroep, en sy sê dit maak nou die een deur op die volgende vir haar oop.

Sy’t ook groot planne om regoor die wêreld deel te neem, beslis nie net in Suid-Afrika nie. Met hierdie nuwe goue status van haar is dit nou maklik om te kies en keur watter wedlope sy aan wil deelneem.

Nolene het einde Maart vanjaar die Twee Oseane-halfmarathon gewen. Haar tyd was 1:16:17.

Nolene se storie het my laat dink dat mens gereeld ‘n balans-staat van jou eie drome moet opstel. Dis baie maklik om heelwat daarvan te verloor of om net nie daaraan te dink nie, want mens raak besig en jy stres oor jou werk en oor honderde ander dinge.

Hierdie is ‘n jong vrou wat vroeër in haar lewe so siek was dat sy by die dood omgedraai het, en nou’s sy ‘n goue status atleet wat die een medalje binne en buite ons land inpalm.

Sy beoefen ook haar stokperdjie as beroep – haar heel grootste passie is haar bron van inkomste.

Dankie dat jy jou drome groot hou, Nolene Conrad. Jy is ‘n inspirasie.

 

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...