Oudste man in SA glimlag steeds van oor tot oor

Published on


Add Smile FM on Google

Fredie Blom van Delft is die oudste man in ons land.

Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, het ook by hom gaan kuier toe hy op Dinsdag 8 Mei 114 jaar oud geword het.

Fritz het tydens sy besoek gesê Fredie is ‘n inspirasie vir die mense van sy gemeenskap omdat hy so ‘n goeie voorbeeld is van hoe mense hulself behoort op te pas.

Sy rekord-verjaardag moet nog deur Guiness World Records bevestig word, maar daar word vas geglo dat hy nou die oudste mens op aarde is. Volgens Guiness is dit ‘n man in Japan wat op die oomblik hierdie rekord hou. Masazo Nonake is wel 112 jaar oud, wat dus beteken dat Kaapenaar Fredie die titel as oudste gaan oorneem wanneer sy rekord erken word.

Volgens sy identiteits-dokument is hy in 1904 in Adelaide in die Oos-Kaap gebore. Hy is die afgelope 48 jaar met Jeannette (85) getroud en het geen kinders van sy eie nie. Hulle het wel ’n grootmaakkind wat hulle aangeneem het, en een kleinkind.

Jeanette het twee kinders uit ’n vorige verhouding gehad. Albei is egter reeds oorlede.

Volgens sy vrou is hy nog baie aktief in en om die huis – voor sy destydse aftrede het hy gewerk as tuinier.

Jeanette sê hulle suksesvolle huwelik is daaraan toe te skryf dat hulle altyd seker gemaak het daar is vrede in die huis voor die son sak, en dat dit soms harde werk vereis het, maar gewis die moeite werd was.

Sy meen hy is gelukkig om nog op sy ouderdom perdfris en gesond te wees – soms is dit net sy bene wat bietjie pla. Hy’t glo ook nog nooit opgehou om van oor tot oor te glimlag nie.

Sy verjaardag is gevier met ‘n deftige koek, en familie en vriende van Delft wat kom kuier het.

 

Latest articles

Specialised hazardous materials (Hazmat) equipment handed over

 The Western Cape Government has handed over specialised hazardous materials (Hazmat) equipment to the Cape Winelands District Municipality. This is as part of its...

Team on board S.A. Agulhas II arrive safely at Marion Island

   The team on board S.A. Agulhas II have arrived safely at Marion Island. The M83 team arrived earlier this month. They are ready to...

Major review finds vaping leads to poorer respiratory health among children

 A major review by the Royal College of Paediatrics and Child Health has found consistent evidence linking vaping among children and young people to...