fbpx
17.6 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

‘n Reis van Triomf!

Published on

‘n Man van Nyanga buite Kaapstad wie se lewe as kleuter onherroeplik verander het na ‘n petrolbom-aanval gaan eersdaags een van sy grootste drome bewaarheid.

Die 46-jarige William Baartman gaan deelneem aan ‘n ekspedisie na Everest Basiskamp as deel van die Avela-stigting se fondsinsamelingspogings vir kinders met ernstige brandwonde. Die stigting beywer hom om dié kinders op hulle liggaamlik en emosionele pad na herstel te help.

William was maar net drie jaar oud toe hulle nederige huis in ligte laaie opgegaan en sy sussie Grace, in die aanval gesterf het. Die huis is deur betogende student geteiken omdat sy pa ‘n Afrikaanse onderwyser was. Klein William het 75% brandwonde regoor sy lyf opgedoen en is vir maande lank in die Rooikruiskinderhospitaal in Kaapstad behandel. Dié brawe, diep-gelowige man is nou as vier dekades later weer ‘n gereelde gesig by die hospitaal – dié keer as ‘n vriendelik en gerusstellende gesig as mentor vir die pasiëntjies in die brand-eenheid.

William as kind

William, deesdae ook hoof van die Avela-stigting se Mentorskap-program, vertel hoe hy as jong man nie sy huis wou verlaat nie omdat hy so skaam was vir sy voorkoms en erg geboelie is. “Ek was in ‘n stadium van my lewe te bang om uit te gaan en nou is ek op pad Everest toe! Ek wil vir kinders wat die emosionele en liggaamlike letsels van ‘n brand dra wys daar ís hoop!”

William se inspirerende verhaal is ineengevleg met dié van Cami Palomo, Avela se stigter. Die vrou wat so ‘n sagte plek het vir kinders wat die trauma van ‘n brand ervaar, versit én klim berge om hulle te help en het ook vir William onder haar vlerk geneem. Cami se oë blink wanneer sy oor William praat: “Ek het dalk vir hom op sy pad gehelp maar dit kan nooit vergelyk met wat hy vir my geleer het nie. William het net nooit opgegee nie en het ondanks al die seerkry en teleurstellings sy menslikheid, deernis vir ander en waardigheid behou. Hy inspireer my!” Sy voeg by dat daar ‘n groot gebrek aan ondersteuning bestaan vir mense soos William. “Meer as 1,6 miljoen Suid-Afrikaners doen jaarliks brandwonde op maar kry weinig hulp. Dis noodsaaklik dat mense betrokke begin raak en uitreik na diegene wat dié trauma oorleef.” Cami se boodskap sluit ook aan by haar stigting se leuse: Together to Give.

Sy en haar span van 14 vrywilligers, wat deur die Smile Foundation ondersteun word, vertrek Sondag op hulle reis na die wêreld se hoogste berg om geld in te samel maar ook om hulde te bring aan al die dapper jong brand-oorlewendes in Suid-Afrika.

 

Team Avela and Arno Carstens

Die sanger en-liedjieskrywer, Arno Carstens het sy gewig agter die stigting en die dapper klimmers van Avela gegooi tydens ‘n fondsinsamelingsfunsie in Kaapstad. Van links na regs: Roger-Michael Raad, Mosidi Modise, William Baartman, Arno Carstens, Natasha Nicolakakif, Cami Palomo en Lanie van Reenen

Die groep hoop om altesame twee miljoen Rand in te samel wat gebruik sal word vir die stigting van die U-Matter program sowel as die opgradering van die Kimberley Hospitaal se brandwond-eenheid.

Ons salueer die Avela-stigting en veral vir William wat ‘n sprekende voorbeeld is van dié woorde deur Nelson Mandela: “I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear.” Besoek gerus https://www.backabuddy.co.za/champion/project/camis-everest-base-camp-trek-for-avela-20 as jy die stigting met ‘n geldelike bydra wil ondersteun.

 

 

 

 

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...