Met ‘n sweismasjien in hand, is dié Kaapse vrou ons trots

Published on


Add Smile FM on Google

‘n Ketelmaker is verantwoordelik vir die opbou en instandhouding van klipbrekers, grondverskuiwings-masjiene en vragmotorbakke. Dis ‘n beroep waar swaar stukke metaal hanteer word, waar jy handig met die sweismasjien moet wees en waar harde ure op ‘n klipbreker-aanleg afgelê moet word om te kwalifiseer. In Engels is dit ‘n boiler maker.

Dis wel in die Kaapse hawe waar grense verskuif word in hierdie beroep wat nie juis bekend is vir die hoeveelheid vroue wat dit beoefen nie. Aysha Gaffoor van Hanover Park is wel een van die kundiges wat help bou aan staalskepe waarvan sommiges tot 90 meter in lengte is. Sy is Suid-Afrika se eerste vroulike ketelmaker.

By die skeepswerf in Tafelbaai word enige tipe skip waaraan jy kan dink gebou. Van militêre skepe, seiljagte tot sleepbote en ander reuse water-tuie, en sedert 2014 is 52 nuwe ketelmaker-vakleerlinge opgelei, waarvan tien vroue is. En met ‘n sweismasjien in hand, staan geen van dié Evas terug nie.

Sedert Aysha in 2014 gekwalifiseer het, was sy nog altyd bewus daarvan dat sy ‘n manswêreld betree. Sy’t ook sedert haar eerste jaar stof in die oë geskop van die ander studente in haar klas en herken haar ouers was aanvanklik skepties oor hulle enigste kind se loopbaan-besluit.

Nou, na jare in die bedryf is sy gevestig en die toekoms is blink.

Van die projekte waarvan sy deel is neem tot twee jaar om af te handel, en volgens Aysha is hierdie nie ‘n beroep vir saggeaarde mense nie. Bloederige en seer vingers is gereeld iets wat sy moet hanteer, maar volgens haar moet jy gaan vir goud as jy die guts het. Eendag wil sy graag ook ander vroue oplei om hierdie ongewone beroep te beoefen.

Nog ‘n vrou wat dapper spore trap is Amalia Morkel, een van Aysha se bestuurders. Hierdie Kaapenaar het meganiese ingenieurswese aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie geswot en by ‘n staal-gietery gewerk voor sy ‘n sweismasjien-inspekteur geword het.

Sy’s ook van mening dat loopbaangeleenthede vir vroue in tradisioneel-mansberoepe al meer word.

Intussen, stap Suid-Afrika se heel eerste vroue-ketelmaker voor om die weg te baan vir vele ander.

Latest articles

City rolls out chatbot to help home renovators check if they need building approvals

 Cape Town residents planning home renovations, a new braai, a swimming pool, a carport or even a new flat can now use a City...

Metro Police catch drunk driver sleeping on N2

 A driver allegedly found fast asleep behind the wheel on the N2 in Cape Town has been arrested for driving under the influence of...

Professor honoured with the prestigious Royal Society Africa Prize

  A South African professor has been honoured with the prestigious Royal Society Africa Prize of the United Kingdom's Royal Society. He's Prof Clive Gray,...