Die vasberade baanbreker-blaser
Category: Archive
Die Ierse rugby-skeidsregter Joy Neville het in 2018 die geskiedenis-boeke herskryf. In Februarie vanjaar het sy die eerste vrou ooit geword om die fluitjie te blaas in ‘n Pro14-wedstryd – ‘n kragmeting tussen Ulster en die Southern Kings. Dié voormalige lid van die Ierse vroue-rugbyspan, kan ook terugkyk op ‘n baie suksesvolle 2017, na sy as skeidsregter opgetree het in die toets tussen Noorweë en Denemarke. Van die ander vere in haar hoed sluit vele


