‘n Reis van Triomf!
Category: Archive
‘n Man van Nyanga buite Kaapstad wie se lewe as kleuter onherroeplik verander het na ‘n petrolbom-aanval gaan eersdaags een van sy grootste drome bewaarheid. Die 46-jarige William Baartman gaan deelneem aan ‘n ekspedisie na Everest Basiskamp as deel van die Avela-stigting se fondsinsamelingspogings vir kinders met ernstige brandwonde. Die stigting beywer hom om dié kinders op hulle liggaamlik en emosionele pad na herstel te help. William was maar net drie jaar oud toe hulle


