fbpx
17.4 C
Cape Town
Thursday, October 24, 2024

Die vasberade baanbreker-blaser

Published on

Die Ierse rugby-skeidsregter Joy Neville het in 2018 die geskiedenis-boeke herskryf. In Februarie vanjaar het sy die eerste vrou ooit geword om die fluitjie te blaas in ‘n Pro14-wedstryd – ‘n kragmeting tussen Ulster en die Southern Kings.

Dié voormalige lid van die Ierse vroue-rugbyspan, kan ook terugkyk op ‘n baie suksesvolle 2017, na sy as skeidsregter opgetree het in die toets tussen Noorweë en Denemarke.

Van die ander vere in haar hoed sluit vele anders eerstes vir vroue-skeidsregters in, soos toe sy ‘n top-vlak Europese klub-wedstryd geblaas het. Sy was ook in beheer van die Wêreldbeker-finaal vir vroue tussen Nieu-Seeland en Engeland. ‘n Wedstryd wat verlede jaar Augustus in Belfast beslis is.

Buite vroue-rugby toon sy verder haar staal. By die Wêreldrugby-toekennings in 2017 het sy met die louere weggestap in die kategorie Skeidsregter van die Jaar.

Voorheen in haar loopbaan het sy haar land in 2006 en 2010 in die Wêreldbeker-toernooie verteenwoordig. ‘n Ses Nasietoernooi-oorwinning was in 2013 nog iets waaroor dié 34-jarige boorling van Limerick kon spog as speler, in haar 70 verskynings in die nasionale span waarvan sy kaptein was.

Neville het grootgeword in ‘n sportiewe familie. Sy’t vier broers warvan die een, Paul Neville, Ierland in 2006 en 2007 in Sewes-rugby verteenwoordig het.

In 2015 is sy met haar lewensmaat Simona Coppola (ook van Limerick) getroud, en het al voorheen in onderhoude gesê sy’s trots om ‘n verteenwoordiger te wees van een van die heel eerste lande om selfdegeslag-huwelike wettig te verklaar.

Ses jaar terug het sy haar studies voltooi aan die Limerick Institute of Technology waar sy Sosiologie geswot het. Later is sy ook aangewys as Direkteur van Rugby by die instansie waar sy beide mans en vroue-spanne afgerig het.

Toe sy destyds as lynregter diens gedoen het, het iemand glo vir haar gesê daar’s geen kans dat vroue ooit poste sou beklee as skeidsregters in Pro- en internasionale wedstryde nie. Volgens haar was dit een van faktore wat haar die meeste aangespoor het om ‘n loopbaan in die tradisionele manswêreld na te jaag.

Na jare se harde werk lyk die toekoms blink vir die vasberade blonde blaser. Wees op die uitkyk vir haar indien jou skerm op rugby gestel is die naweek, en knik na haar kant toe met die wete dat sy die besig is om die weg te baan vir vele ander vroue in sport. Veral dié in rugby.

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...