fbpx
14.7 C
Cape Town
Sunday, September 22, 2024

Die advokaat-atleet met die wêreld aan haar voete

Published on

Ann Ashworth van Johannesburg het Sondag 9 Junie 2018 die vroue-titel van die Comrades-marathon verower. Ashworth (34) se wentyd was 6 uur tien minute en 4 sekondes.

Dié wedloop het vanjaar tussen Pietermaritzburg en Durban oor ‘n afstand van 90.184 km plaasgevind.

Sy sê sy was self verslae oor wat sy reggekry het, en het glad nie verwag dat sy sou wen nie. Sy’t wel geglo dat sy ‘n kans staan om binne die top-vyf te eindig sou sy bene van staal hê op die dag.

Om verskonings te gebruik om nie te oefen nie is volgens dié advokaat nie ‘n opsie nie – sy vertel dat sy elke oggend vier-uur opgestaan het om te gaan draf, ongeag van hoe sy gevoel het of wat ‘n werksdag van haar vereis het.

Wat mense nie weet nie, is dat Ann in die eerste kilometer van verlede jaar se Comrades ‘n spier in haar been geskeur het, en dat haar poging gouer geindig het as wat dit begin het. Hierdie jaar was sy wel met mag en mening terug, haar deursettingvermoë is beloon, en sy sê sy’s beslis van plan om volgende jaar weer aan te tree vir wat sy op hierdie stadium sien as haar derde laaste Comrades.

Gerda Steyn, vanjaar se Twee Oseane-kampioen en die gunsteling, moes met die tweede plek tevrede wees. Alexandra Morozova was derde in 6 uur twintig minute en 21 sekondes.

Ashworth sê hoewel die boodskappe van gelukwensing steeds instroom, het haar lewe nie veel verander sedert sy as Comrades-kampioen gekroon is nie. Tussen haar gewone hofwerk en huistake bly haar verpligtinge dieselfde, met geen spesiale vergunnings nie.

Xolani Luvuno (34) het die Comrades vanjaar op krukke voltooi na sy regterbeen bo die knie afgesit is toe beenkanker by hom gediagnoseer is in sy twintigs. Ann het ook haar gedagtes oor sy merkwaardige prestasie gedeel. Luister gerus na die potgooi hierbo.

Latest articles

[LISTEN] Jan Braai’s Best Potjie Tips

As we head into a long weekend a lot of us will be around a fire. Some will choose to light up the coals...

[LISTEN] The Art of Artistic Swimming

If you have been watching the Olympics you may have missed some of the more unusual events. As entertaining as some of our favourite...

Smile’s Tip Jar – The Community Philharmonic Orchestra

The last two weeks have been quite heart wrenching as we heard from individuals who work in the hospitality and entertainment industry, who have...